Kruger2canyon News

My 5 sent

traffic congestion

  Tyd is die enigste ding wat konstant verminder en kan glad nie vervang, herbou, bygelas, gekoop of verkoop word nie. Dit is die duurste gratis item in die heelal.

  In die maand van liefde tref ‘n tragedie ons dorpie en verloor ons pragtige mense in ‘n gru-ongeluk. Die gemeenskap staan saam, huil saam en besef saam, dat elke oomblik saam met geliefdes is baie kosbaar. Die werkgewers van die mense voel onmiddelik ‘n groot verlies, en nie aan geld nie maar waar die mense eers was is nou leeg. Vir die families is die verlies die ergste. Minder inkomste, maar die leë stoel in die huis maak die verlies die grootste. Hulle plekke is vir ewig leeg, hulle voetspore dood gestop.

  Tyd is niemand se reg nie, dit word aan ons geleen. Daar is ‘n tyd vir alles in die lewe. Tyd om te sing, tyd om te ween, tyd om te lag, tyd om te werk, tyd om te speel en ek kan aangaan vir dae lank. Maar daar kom ‘n tyd wat ons nie beheer oor het nie, en dit is ons laaste asem. Ons weet nie wanneer dit kom nie, daarom kan ons nie mors wat aan ons geskenk word nie.

  Een misdaad, vat baie lewens en bring baie hartseer. Een misdaad laat dit reën van trane in families en ‘n gemeenskap.  Elke dag ry drywers met geen gevoel vir ander mense se lewens nie, solank die geld vloei kan die gemeenskap en families maar bloei. Een man wat glad nie aan homself gedink het nie, maar net aan ander, het mense se lewens gered. Maar een selfsugtige man vat lewens.

  Ek ken nie die feite van die ongeluk nie, net dit wat ek gelees het, maar ek ken pyn as ek dit sien. Die pyn is duidelik en aanvoelbaar as jy die winkel in stap.

  As jy ‘n geskenk oopmaak is jy opgewonde daaroor en koester jy dit wat jy gekry het. Kom ons wees so opgewonde oor die tyd wat nog aan ons geskenk is.

  Aan al die families en werkgewers wat mense verloor het, my innige meegevoel aan almal. Dit is nie ‘n lekker tyd nie, en niks wat enige iemand sê of doen gaan die pyn ligter maak nie. Tyd genees ook nie, net die mooi herinneringe wat julle het van geliefdes maak alles beter.

  Julle wat soos varke ry en nie ander mense se lewens in ag neem nie, onthou net elke keer wat jy aan ‘n stuurwiel vat is jy ‘n potensiële moordenaar. Groete

Related Posts
International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

At a place called Lone Tree in the central Kalahari, a band of San hunters picked a young kudu bull out of the herd and started running it down. Louis Liebenberg, then a young South African researcher with no distance-running background, wasn’t meant to be part of that – the hunters told him the heat made the chase too dangerous for someone untrained. He talked his way into staying anyway.

Read More »

Social Capital

I have watched countless breeding herds of African elephant consisting of a senior cow, elder females and younger cows, all the way down to juveniles of both sexes – the young males are banished from their natal herd around their early teens – yet I’m ever fascinated by the quality of synchronised attention this matriarchal sisterhood constantly pay to one another.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
2:36 am, September 30, 2026
14°C
overcast clouds
88 %
Wind Gust: 0 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:54 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
2:36 am, September 30, 2026
15°C
clear sky
46 %
Wind Gust: 2 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 6:24 am
Sunset: 5:43 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
2:36 am, September 30, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
2:36 am, September 30, 2026
8°C
overcast clouds
93 %
Wind Gust: 13 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:55 pm