Kruger2canyon News

My 5 sent

traffic congestion

  Tyd is die enigste ding wat konstant verminder en kan glad nie vervang, herbou, bygelas, gekoop of verkoop word nie. Dit is die duurste gratis item in die heelal.

  In die maand van liefde tref ‘n tragedie ons dorpie en verloor ons pragtige mense in ‘n gru-ongeluk. Die gemeenskap staan saam, huil saam en besef saam, dat elke oomblik saam met geliefdes is baie kosbaar. Die werkgewers van die mense voel onmiddelik ‘n groot verlies, en nie aan geld nie maar waar die mense eers was is nou leeg. Vir die families is die verlies die ergste. Minder inkomste, maar die leë stoel in die huis maak die verlies die grootste. Hulle plekke is vir ewig leeg, hulle voetspore dood gestop.

  Tyd is niemand se reg nie, dit word aan ons geleen. Daar is ‘n tyd vir alles in die lewe. Tyd om te sing, tyd om te ween, tyd om te lag, tyd om te werk, tyd om te speel en ek kan aangaan vir dae lank. Maar daar kom ‘n tyd wat ons nie beheer oor het nie, en dit is ons laaste asem. Ons weet nie wanneer dit kom nie, daarom kan ons nie mors wat aan ons geskenk word nie.

  Een misdaad, vat baie lewens en bring baie hartseer. Een misdaad laat dit reën van trane in families en ‘n gemeenskap.  Elke dag ry drywers met geen gevoel vir ander mense se lewens nie, solank die geld vloei kan die gemeenskap en families maar bloei. Een man wat glad nie aan homself gedink het nie, maar net aan ander, het mense se lewens gered. Maar een selfsugtige man vat lewens.

  Ek ken nie die feite van die ongeluk nie, net dit wat ek gelees het, maar ek ken pyn as ek dit sien. Die pyn is duidelik en aanvoelbaar as jy die winkel in stap.

  As jy ‘n geskenk oopmaak is jy opgewonde daaroor en koester jy dit wat jy gekry het. Kom ons wees so opgewonde oor die tyd wat nog aan ons geskenk is.

  Aan al die families en werkgewers wat mense verloor het, my innige meegevoel aan almal. Dit is nie ‘n lekker tyd nie, en niks wat enige iemand sê of doen gaan die pyn ligter maak nie. Tyd genees ook nie, net die mooi herinneringe wat julle het van geliefdes maak alles beter.

  Julle wat soos varke ry en nie ander mense se lewens in ag neem nie, onthou net elke keer wat jy aan ‘n stuurwiel vat is jy ‘n potensiële moordenaar. Groete

Related Posts

Innovation – What Survives Is What Learns

The termite mound had been breached by an African honey badger. The excavation bore the characteristic signature of its typically furious, single-minded digging, a cone of loose red soil fanned out across the surrounding ground. The mound itself, a two-metre column of compacted earth on the edge of a drainage line in the Sabi Sand, had a jagged opening at its base roughly the size of a football.

Read More »

Cosmic Creatures of the Lowveld 

Many of us fortunate enough to reside in Hoedspruit were drawn here to share our lives with the rich and diverse animal life that thrives in and around the area. From the cool forests of the escarpment, to the glistening waters of the Blyde River Canyon, and the expansive paradise of the Kruger National Park, this region is a mecca for wildlife lovers.

Read More »

A Year of Bird Song: Celebrating the Big Year of African Sounds

I have spent much of my birding journey fortunate enough to listen for birds before I see them. Long before a Narina Trogon reveals its almost incomprehensible palette of colours, its harsh, frog-like call often gives it away. Long before you begin to realise that summer has arrived, the duet of a Woodland Kingfisher pair echoes through the woodland. Their arrival marking the true onset of summer. For anyone who has spent time birding, sound is not a supplement to birding. Rather, it is often the first, only, and most reliable clue that nature presents you with.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
9:57 pm, October 22, 2026
30°C
clear sky
42 %
Wind Gust: 0 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 5:16 am
Sunset: 6:04 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
9:57 pm, October 22, 2026
15°C
clear sky
46 %
Wind Gust: 2 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 6:24 am
Sunset: 5:43 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
9:57 pm, October 22, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
9:57 pm, October 22, 2026
19°C
clear sky
44 %
Wind Gust: 5 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 5:16 am
Sunset: 6:05 pm