Kruger2canyon News

My 5 sent

seasons

  Seisoene – winter het aanspraak gemaak op sy posisie in die natuur. En dit hoort so, ons het dit nodig. Die natuur gaan deur ‘n sekere proses om die lente en somer sy beste te kan gee. Net so het somer en herfs hulle pragtige doel sodat winter sy beste kan gee. Die kringloop is eintlik fenomenaal, maar ons as burgers van die land het gemengde gevoelens, en soek altyd iets om oor te kla.

  Op sosiale media kla die volk oor die koue, maar die sitrus boer glimlag breed, daar is ‘n oes op pad. Ek persoonlik geniet glad nie die winter nie, want dit gaan gepaard met baie klere. Ek is gemaklik in ‘n kort broek, T-hemp en plakkies dankie. Maar ek geniet die winter vir twee redes alleenlik. Vir een daar is weer lemoene en nartjies. En tweedens daar is minder goggas, veral muskiete. Niks wat ‘n nagrus opfoeter soos ‘n muskiet nie. En hier by ons in die bosveld is hulle so groot hulle gooi ‘n skaduwee soos ‘n arend. As hy bietjie vinnig kom land, gee hy jou sommer ‘n blou kol.

  Seisoene in die natuur kom geluidelik en is nie ‘n oornag gebeurtenis nie. Dit is om ons en die natuur voor te berei vir wat gaan kom. Die heelal beweeg in harmonie met die tyds berekening van ons natuurlike seisoene. Al wat stilstaan is die son. Die natuur gryp elke geleentheid aan, want groei is die hoofdoel. Die wilde diere ken ook die seisoene, en die natuur beter as die mens. Hulle weet wat gebeur, en wanneer dit gaan gebeur, terwyl ons ‘n knaap op TV sit met ‘n duimsuig vooruitsig van die weer.

  Seisoene in ons lewens kom skielik, ongenadiglik en sonder waarskuwing. En ons het dit nodig. Ja ek weet 100% van die mensdom stem nie saam nie. Wel stagneer waar jy is, dit is ok. Onthou ‘n groef word ‘n graf. Groei moet soos ‘n natuur vir ons wees. Mense wat heeltyd streef na beter en werk daarvoor ervaar seisoene soos almal, maar hulle verkies die glas half vol. Dit los spasie vir groei en skep geleenthede. Vir hulle bestaan daar geen ‘comfort zone’ nie.

  Vir die persoon wat die glas half leeg sien, is die seisoene hard en ongenadiglik, behalwe as dit ‘n goeie seisoen is. Dit is gewoonlik mense wat emosionele besluite neem. Geen wilde dier in die veld neem ‘n emosionele besluit nie. Hulle leef elke dag voluit, want om te sterf is nie ‘n opsie nie. Die glas half vol se inhoud gaan een of ander tyd dood en beteken niks. Want daar is niks wat inkom om dit vars te hou nie. En gewoonlik is dit die verlede wat mense so vashou. Ek weet ek was een hulle.

  Ons moet elke seisoen koester. Ons moet ook in harmonie beweeg met ons persoonlike seisoens verandering, al wat moet stil en sterk staan is ons geloof. Elke oomblik is ‘n geleentheid om die half vol glas te laat oorloop.

  Groete.

Share this post:

Related Posts

Innovation – What Survives Is What Learns

The termite mound had been breached by an African honey badger. The excavation bore the characteristic signature of its typically furious, single-minded digging, a cone of loose red soil fanned out across the surrounding ground. The mound itself, a two-metre column of compacted earth on the edge of a drainage line in the Sabi Sand, had a jagged opening at its base roughly the size of a football.

Read More »

Cosmic Creatures of the Lowveld 

Many of us fortunate enough to reside in Hoedspruit were drawn here to share our lives with the rich and diverse animal life that thrives in and around the area. From the cool forests of the escarpment, to the glistening waters of the Blyde River Canyon, and the expansive paradise of the Kruger National Park, this region is a mecca for wildlife lovers.

Read More »

A Year of Bird Song: Celebrating the Big Year of African Sounds

I have spent much of my birding journey fortunate enough to listen for birds before I see them. Long before a Narina Trogon reveals its almost incomprehensible palette of colours, its harsh, frog-like call often gives it away. Long before you begin to realise that summer has arrived, the duet of a Woodland Kingfisher pair echoes through the woodland. Their arrival marking the true onset of summer. For anyone who has spent time birding, sound is not a supplement to birding. Rather, it is often the first, only, and most reliable clue that nature presents you with.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
6:58 pm, October 21, 2026
32°C
overcast clouds
33 %
Wind Gust: 0 mph
Clouds: 91%
Sunrise: 5:17 am
Sunset: 6:03 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
6:58 pm, October 21, 2026
15°C
clear sky
46 %
Wind Gust: 2 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 6:24 am
Sunset: 5:43 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
6:58 pm, October 21, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
6:58 pm, October 21, 2026
22°C
overcast clouds
22 %
Wind Gust: 19 mph
Clouds: 95%
Sunrise: 5:17 am
Sunset: 6:04 pm