Kruger2canyon News

My 5 cent

cover image

‘Botox’ – nou vra ek jou met trane in my oë, wie dink die goed uit? Is die mense so behep met hulle gesiggies en lyfies dat ‘n onnatuurlike voorkoms die norm is? Ek dink televisie, skoonheid tydskrifte en geld gedrewe mense dra die skuld vir die sonde. Almal wil soos hulle “idols” lyk. Kom ons wees eerlik, ek dink nie Tom Cruise wil soos enige van ons lyk nie. Ek glo diep in my hart dat Jennifer Lopez nie soos die tannie in ons plaaslike biltong kêffie wil lyk nie. Dan dink ek ook rêrig hulle wil nie hê jy moet soos hulle lyk nie, want dan is hulle ook nie meer uniek nie.

  Ek wil ook nie vir die res van my lewe jonk lyk nie. Ek is net baie bly plooie is nie pynlik nie. Dit help ook nie jy lyk soos ‘n skool seun of dogter maar die lyf val uit mekaar uit soos ‘n model T Ford nie. Jy glimlag met jou vals sneeu-wit tande, maar kan nie ‘n lekker stuk biltong afbyt nie. Dit help ook nie jou gesiggie is plooiloos maar jy het drie viagras nodig om nie jou voete nat te piepie nie.

  Kyk nou die dag na een van ons eie plaaslike Afrikaanse sangeresse, en daar herken ek die pop nie. Soos ‘n aap vra ek “nou wie is die?” Toe hulle haar naam sê toe ek kry ek eintlik skaam vir haar part. Sy is so styf getrek, tot die stembande klink na silikoon. Hoekom? Wat is die nut van alles?

  Vals ooghare, vals tande, grimering, vals boobies en boude, vals hare, gesiggie opgepomp tot 3 ‘bar’, vals naels en op geverfde sonbrand en jy soek opregte liefde. Genade dit is nou vir jou ‘n ding. As jou lyfie vals is, hoe is jou hart en siel? Dink nie dit kan te opreg wees nie. Kom wees nou eerlik, almal kyk na ‘n mooi mens.

  Mans weet waarna hulle kyk, en die nooiens weet waarvoor hulle kyk. Lees gou mooi hier, net die mooiste siele kry die regte verhoudings. Geen kuit, beursie, bors, “six-pack” of opgepompte lip bou ‘n verhouding nie.

  Mȏre is daai aardse geite weg, en wat dan? As jy rêrig mooi wil lyk, doen dit op die natuurlike manier. Oefen, drink water, slaap genoeg, eet gesond, gebruik jou roompies, glimlag en manifesteer ‘n mooi hart en siel. So eenvoudig soos dit. Dit is nie “rocket science” nie. Koester elke litteken, rekmerk en plooi. Want dit is waar ons stories en wysheid vandaan kom. Onthou elke rekmerk het ‘n naam en is groot gemaak en is daardie ouer se trots. Elke litteken het ‘n storie, soms van oorlewing. En elke plooi beteken jy het gelag, gehuil en gelewe.

Groete.

Share this post:

Related Posts

Innovation – What Survives Is What Learns

The termite mound had been breached by an African honey badger. The excavation bore the characteristic signature of its typically furious, single-minded digging, a cone of loose red soil fanned out across the surrounding ground. The mound itself, a two-metre column of compacted earth on the edge of a drainage line in the Sabi Sand, had a jagged opening at its base roughly the size of a football.

Read More »

Cosmic Creatures of the Lowveld 

Many of us fortunate enough to reside in Hoedspruit were drawn here to share our lives with the rich and diverse animal life that thrives in and around the area. From the cool forests of the escarpment, to the glistening waters of the Blyde River Canyon, and the expansive paradise of the Kruger National Park, this region is a mecca for wildlife lovers.

Read More »

A Year of Bird Song: Celebrating the Big Year of African Sounds

I have spent much of my birding journey fortunate enough to listen for birds before I see them. Long before a Narina Trogon reveals its almost incomprehensible palette of colours, its harsh, frog-like call often gives it away. Long before you begin to realise that summer has arrived, the duet of a Woodland Kingfisher pair echoes through the woodland. Their arrival marking the true onset of summer. For anyone who has spent time birding, sound is not a supplement to birding. Rather, it is often the first, only, and most reliable clue that nature presents you with.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
8:34 pm, October 21, 2026
28°C
broken clouds
44 %
Wind Gust: 0 mph
Clouds: 81%
Sunrise: 5:17 am
Sunset: 6:03 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
8:34 pm, October 21, 2026
15°C
clear sky
46 %
Wind Gust: 2 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 6:24 am
Sunset: 5:43 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
8:34 pm, October 21, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
8:34 pm, October 21, 2026
22°C
broken clouds
19 %
Wind Gust: 24 mph
Clouds: 80%
Sunrise: 5:17 am
Sunset: 6:04 pm