Olimpiese Spele – wat ‘n gapsarra (gemors). Om ‘n bespotting te maak van ‘n geloof is absoluut net siek. Kyk, of jy glo aan God of nie, jy gaan Hom in die oë moet kyk eendag en rekenskap gee. Glo dit of nie. Einde van die deel van die storie.
Ek wil nou net weet. Waar is al die vrouens en die tannies wat so baklei teen ‘GBV ‘(Gender Based Violence)? Daar was ‘n stadium nie te lank terug nie wat ‘n man nie eens na ‘n vrou kon kyk en glimlag en kon wegkom met dit nie. Dan is dit seksuele teistering, aanranding, verkragting, of skending van vroulike regte en of net sommer van haar grimering ‘n grap gemaak. Kyk dan het ‘n man lekker moeilikheid hoor.
Ek weet as ‘n man kan jy nie meer ‘n vrou ‘n kompliment gee sonder reperkussies nie. En dan huil hulle, mans gee nie meer komplimente nie. En toe kom die Olimpiese spele komitee, (die selfde mense wat dit goed gekeur het om van God ‘n bespotting te maak) en hulle sit iemand homself identifiseer as ‘n vrou en boks teen ‘n vrou en breek haar neus.
So die volgende keer as seun Gerhard saam met sy pêlle ‘n paar biere gaan drink, en mamma wag hom in met die pan of besem, kan hy net sê “ek oefen vir die Olimpiese spele.” Hy moet net vinnig van haar onderklere gaan aantrek en een van die letters alfabet kies ‘A’ (vir anders), ‘V’ (vir verskillend), of ‘Q’ (vir ‘queer’). En daar waai ‘GBV’ by die deur uit, sonder seremonie. Identifiseer in net wat jy wil. Maar ken jou plek. Daardie vroue bokser het hard gewerk om te kan deelneem op daardie vlak. En om so te verloor teen wat ek beskou as ‘n man is absoluut vernederend.
Kom ons weer eerlik teenoor mekaar. Die onderwerp kan vir jare aangaan en almal kan puik opinies lewer oor hulle standpunte. En ek respekteer die debat heeltemal. Maar die einde van die saak is, as ons nie ons plek ken nie, en nie ander mense respekteer nie, sal daar altyd oorloë wees. Oorlog is nie altyd land teen land nie, dit is mens teen mens, geloof teen geloof, geslag teen geslag, ras teen ras, kultuur teen kultuur.
As jy wil lyk soos mammie en piepie soos pappie, is dit jou saak. As jy ‘n ‘vegan’ wil wees, wees een. As jy jouself wil identifiseer as ‘n leeu, doen dit. Maar bly uit ander mense se spasie uit wat jou nie daar soek nie. As jou paadjie nog nie bestaan nie, maak een, los myne. Ek dwing nie my goed op ander mense af nie, so ek verwag dieselfde van jou. Ek is ‘n Christen, ek doen wat reg is vir my en my familie. Jy betree my persoonlike spasie op eie risiko.
Stap op jou eie pad van die lewe, daar is geen kompetisie nie.
Groete


