Kruger2canyon News

My 5 sent

south african car guards

  Ons is in Suid Afrika baie geseënd met baie talentvolle mense. Hulle laat eintlik die ‘Guinness Book of Records’ na ‘n feëverhaal lyk. 

  Die eerste groepie mense is ons gedugte kar wagte in Suid Afrika. Terwyl hulle karre oppas by ‘n Mall in Bloemfontein, kan hulle ‘n Tesla in Texas hoor ‘start’. Ons almal het al daardie ervaring gehad. Jy kom rustig uitgestap met jou pakkies oppad na jou voertuig toe. En jy kan maar jou tyd vat om alles weg te pak. Dalk nog daardie skelm sjokolade eers eet voor jy ry. En jy kan maar jou tru-spieëltjies dophou so veel as jy wil, hulle sal leeg wees.

  As jy daai sleutel draai, en in jou spieëltjie kyk, dan groet daar ‘n songebrande glimlag met oë wat diep in jou siel inkyk, met ‘n handjie wat saggies vir jou fluister ‘Kom, Kom, Kom’. Jy skrik eintlik, want ‘n sekonde gelede was daar niemand gewees nie. Jou hande vroetel vir kleingeld terwyl jy stadig agteruit ry. Vir ‘n onverklaarbare rede is jy nogal gehoorsaam aan die mens. Eers as jy weg ry haal jy weer asem en wonder weer “waar kom die mens vandaan.” Neem in ag daar is niks vinniger as ‘n jag luiperd op 200m nie, met gehoor beter as die van ‘n kat nie en met beter sig as ‘n arend nie, behalwe ‘n kar wag in Suid Afrika.

  En dan is daar die reuk sintuig van ‘n ‘speed cop’. As jou lisensies op datum is en jou voertuig op die pad is, dan los daai mense jou uit. Laat daar nou een ding fout wees, bietjie te haastig, of die sitplek gordel is nie vas nie, dan skop hulle reuk sintuig in. Daardie mense ruik ‘n R200 noot uit jou beursie uit nog voor jy by die ATM was.

  Jy kan in jou oprit sit en oefen om jou sitplek gordel op spoed vas te maak. Jy kan dit professioneel doen, en in ‘n breukdeel van ‘n sekonde, maar glo my as jy om die draai kom en daai oorgewig, honger reflektor baadjie staan daar, dan beweeg daai sitplek gordel nêrens heen nie. Dit is eers dan wanneer jy uitvind hoe effektief dit sal wees in ‘n ongeluk, as jy hom maar net aangehad het.

  Kom ons wees ook eerlik met mekaar. Ons soek die kar wag in die parkeer area. Dit is asof ons bietjie veiliger voel en gemakliker in en uit ry. Die verkeersmanne het almal maar gemengde gevoelens oor. Soos enige ander professie in Suid Afrika is daar die goeie en die slegtes.

  Lekker parkeer en veilig ry.

  Groete.

Related Posts
International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

At a place called Lone Tree in the central Kalahari, a band of San hunters picked a young kudu bull out of the herd and started running it down. Louis Liebenberg, then a young South African researcher with no distance-running background, wasn’t meant to be part of that – the hunters told him the heat made the chase too dangerous for someone untrained. He talked his way into staying anyway.

Read More »

Social Capital

I have watched countless breeding herds of African elephant consisting of a senior cow, elder females and younger cows, all the way down to juveniles of both sexes – the young males are banished from their natal herd around their early teens – yet I’m ever fascinated by the quality of synchronised attention this matriarchal sisterhood constantly pay to one another.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
5:06 am, September 30, 2026
14°C
overcast clouds
88 %
Wind Gust: 0 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:54 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
5:06 am, September 30, 2026
15°C
clear sky
46 %
Wind Gust: 2 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 6:24 am
Sunset: 5:43 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
5:06 am, September 30, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
5:06 am, September 30, 2026
8°C
overcast clouds
94 %
Wind Gust: 12 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:55 pm