Kruger2canyon News

My 5 sent

family legacy

Wat is die een ding wat ons vir ons kinders moet los? Mooi en gesonde herinneringe. Die rykes soek rykdom vir hulle nasate, die armes soek ʼn beter lewe vir hulle kinders, die middel klas soek geleerdheid vir hulle kinders. Almal soek iets om agter te los wat hulle kinders aan hulle laat dink en na verlang. Ek reken goeie herinneringe wen enige geleerdheid, enige bankrekening. Ek is in die proses waar ek ‘n boek bymekaar sit met staaltjies uit my dogters se lewens en van toe ons almal jonk was. Hulle kan dit oordra aan hulle kinders eendag.

  In die proses besef ek die grootste lesse wat my dogters geleer het is die lesse waar hulle die seerste gekry het. Dit is ook die tye wat ek vandag die hardste lag oor. Dit is wat hulle gaan onthou vir die res van hulle lewens. Ook wat hulle vir hulle kinders gaan leer. Goeie gesonde morele waardes gee karakter, en dit is die grootste erfenis wat jy enige kind kan agter laat.

  Het eendag gelees een man sê sy grootste rykdom, is die feit dat sy kinders altyd wil huis toe kom al is hulle op hulle eie. Dit is hoe ons moet voel ook. Dit is waar ons rykdom moet lê, by ons kinders. Hulle moet wil huis toe kom. Maar as ek so na ons samelewing kyk dan sien ek kinders word verniel deur ouers. Jy dink jy doen goed om jou kind nie dissipline en respek te leer nie. Nee Sonskyn, jy leer jou kind net die teenoorgestelde van ware liefde.

Goeie gesonde karakter se driepoot is Liefde, Dissipline en Respek.  Lekker lang gesprek die een. Die donker is besig om die lig op te vreet met al die geweld en onheilighede wat in die wêreld aangaan. Wat ons nalaat gaan bepaal wie gaan wen. Donker of lig. Ek dink almal wil sien dat die lig gaan wen. Ongelukkig gaan dit nie gebeur as ons dit nie vir die jonger generasies leer nie. Daar is egter goeie nuus in alles, ek hoor van ‘n jong groep kinders wat nie nonsens vat met kinders wat nie respek het nie. Hulle vermaan daai kinders op ‘n mooi manier en laat hulle mooi verstaan hulle gedrag is nie aanvaarbaar nie.

  Dit gee ons hoop en sit ‘n glimlag op die ou kêrel plooi gesig. Daar is hoop en dit is die lig wat onder ons wandel. Dit kom van die ouers af en ek haal my hoed vir elke moeder en vader af wat hulle beste gee vir hulle kinders. Wens ek kon hulle name noem en ook die skool waarin is, want die skool se waardes lê ook in lyn met die lig van die lewe.

  Kom ons geniet ons kinders en gee hulle jou beste. Leer hulle om goeie gesonde leiers te wees vir die toekoms. Ons kan geen aardse skatte eendag saam vat nie, maar dit is die grootste skat wat ons toegelaat word om altyd saam met ons te dra.

  Mense sal jou altyd onthou deur jou kinders. Groete.

Related Posts
International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

At a place called Lone Tree in the central Kalahari, a band of San hunters picked a young kudu bull out of the herd and started running it down. Louis Liebenberg, then a young South African researcher with no distance-running background, wasn’t meant to be part of that – the hunters told him the heat made the chase too dangerous for someone untrained. He talked his way into staying anyway.

Read More »

Social Capital

I have watched countless breeding herds of African elephant consisting of a senior cow, elder females and younger cows, all the way down to juveniles of both sexes – the young males are banished from their natal herd around their early teens – yet I’m ever fascinated by the quality of synchronised attention this matriarchal sisterhood constantly pay to one another.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
5:57 am, September 30, 2026
14°C
overcast clouds
88 %
Wind Gust: 0 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:54 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
5:57 am, September 30, 2026
15°C
clear sky
46 %
Wind Gust: 2 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 6:24 am
Sunset: 5:43 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
5:57 am, September 30, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
5:57 am, September 30, 2026
8°C
overcast clouds
93 %
Wind Gust: 20 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:55 pm