Kruger2canyon News

My 5 Sent

cover image

  Die som van die mens, was ‘n gevolgtrekking na ‘n gesprek tussen ‘n paar van ons manne na ons pas ‘n groot projek klaar gemaak het. Van die eerste fondasie wat gegrou was tot die laaste plantjie wat geplant was, het alles bymekaar gekom vir ‘n pragtige eindproduk. Hartseer gedeelte is die manne wat fondasies gegrou het, geen eer kry vir hulle harde werk nie. Daai manne wat op en af gehardloop het met kruiwaens vol sement vir die fondasies, kry geen eer nie. Die een met die glimlag by ontvangs hoor die komplimente, wat dan antwoord “ONS het hard gewerk om alles so te kry.” Ons mis die som van die mens, want die eer gaan na die glimlag, en nie die eelte op die hande nie.

  Niemand is ‘n eiland nie. Ons is almal afhanklik van mekaar. Niemand kan leef sonder infrastruktuur van die mens nie. Ons het die kruiwa manne nodig, ons het boer nodig, ons het die rak pakker nodig, ons het die argitek nodig, ons het beslis die leraar nodig, en so kan ek aan gaan tot in diep in die toekoms in. Ons het beslis nie gierigheid nodig nie, dit los ‘n skeiding tussen mense Ryk en Arm en die middelklas moet almal dra. Ons het nie die eie ek nodig nie, dit los ons met boelies en luigatte wat eintlik niks doen nie. Lee blikke maak die meeste geraas.

  Enige iets wat negatief is bring verdeeldheid. En dit is satan se speelplek. Nou of jy glo of nie, satan is almal se vyand. Ons Skepper se doel is dat elke mens die ander een sal raaksien, sonder jaloesie, sonder haat, sonder afguns, maar eerder met liefde, verdraagsaamheid en met geduld. Niemand is die selfde nie, dit is hoekom ons vinger afdrukke verskil. Maar almal se bloed is dieselfde kleur. Die een groot ding wat satan ingestel het is mense regte.

  Ons moet onthou die fondasie gooier van jou bou projek sien nooit of selde die einde produk. Of kry die geleentheid om daar te kom kuier. So wees verdraagsaam met hom, want die standvastigheid van jou gebou lê in sy hande.

  Die som van die mens is om almal dieselfde te sien. Wees ryk, dit is ok, wees arm, dit is ok, wees die middelklas dit is ok. Maar weet en verstaan, ons kan nie sonder mekaar nie. Elke persoon speel ‘n rol in jou lewe. Die rak pakker pak die rakke presies dieselfde of jy ryk of arm is. Glo dit of nie, die prys is ook dieselfde. Nog ‘n stukkie inligting wat almal vergeet, jy word gebore en jy gaan dood, punt. Hoe jy lewe is wat saak maak, en bepaal die mens wat jy is, en hoe jy gaan onthou word.

  Dit is nie lank nie dan is dit Moedersdag, eer jou moeder. Dra haar op die hande en bederf haar. Klop jou pa op die skouer en sê knap gedaan ou grote. Want dit het twee van hulle gevat om jou in die lewe te bring. Al wat uit die hemel uit val, is seëninge, reën en die lieflike sonstrale. Die res is samewerking tussen mense, geslagte, rasse en kulture. Niks en niemand is van selfspekend nie.

  Vrede in die wêreld is die waarde van die som van die mens. Groete.

Tags

Share this post:

Related Posts
International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

At a place called Lone Tree in the central Kalahari, a band of San hunters picked a young kudu bull out of the herd and started running it down. Louis Liebenberg, then a young South African researcher with no distance-running background, wasn’t meant to be part of that – the hunters told him the heat made the chase too dangerous for someone untrained. He talked his way into staying anyway.

Read More »

Social Capital

I have watched countless breeding herds of African elephant consisting of a senior cow, elder females and younger cows, all the way down to juveniles of both sexes – the young males are banished from their natal herd around their early teens – yet I’m ever fascinated by the quality of synchronised attention this matriarchal sisterhood constantly pay to one another.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
2:36 am, September 30, 2026
14°C
overcast clouds
88 %
Wind Gust: 0 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:54 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
2:36 am, September 30, 2026
15°C
clear sky
46 %
Wind Gust: 2 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 6:24 am
Sunset: 5:43 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
2:36 am, September 30, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
2:36 am, September 30, 2026
8°C
overcast clouds
93 %
Wind Gust: 13 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:55 pm