Kruger2canyon News

My 5 sent

  Kom ons praat bietjie oor tegnologie. Nou om mee te begin, ‘n vis weet meer van boom klim as ek van die tegnologie af. Kom ons wees eerlik die geite het sy voordeel en ook sy nadeel. En baie mense het hulle sê al gesê oor selfone en al daai goeters. Selfone maak ons lewe makliker en ook moeiliker. Die voordeel om met geliefdes oor die waters te kan kommunikeer maak die lewe makliker, maar moeiliker in die sin van, jou baas kan jou orals in die hande kry.

  Wat dit egter van ons steel is die samesyn. As jy in die ou dae verjaar het, was die koek reg want die kloppe aan die deur gaan gebeur. Familie en vriende het kom geluk sê. Almal was altyd welkom, en die kuiertjies was altyd lekker. Vandag op ‘n spesiale geleenthede is ons al so gewoond aan die boodskappe op die foon dat ons se vrouens nie meer kan koek bak nie.

  Baie mense, en ek is een van hulle, stuur in die oggende mooi boodskappies met prentjies aan die geliefdes om hulle ‘n mooi dag toe te wens. Sommer ook ‘lekker slaap’ boodskappies ook in die aande. Sondae kom die Liewe Jesus boodskappe deur. Die hartseer gedeelte hiervan is die kerke loop leeg, want ons kyk sommer ‘n preek in ons nagklere op YouTube. Wat dit makliker maak om af te sit as die prediker goed sê waarvan jy nie hou nie. Jy kan nie sommer uit die kerk uit stap nie, maar YouTube sit jy vinnig af.

  Tegnologie maak ons lui om te dink ook. Vroeër jare het almal baie mense se telefoon nommers uit ons kop uit geken. Vandag soek jy dit op die selfoon op. Ons het geskryf op pen en papier, nou tik ons op die rekenaar en die geite se ink raak nie klaar nie. Ons dink nie meer om basiese sommetjies te maak nie, maar die rekenaar op die foon doen sy deel om ons breins ‘stupid’ te maak.

  Die bietjie tegnologie wat ek ken gebruik ek lekker tot my voordeel. Ek neem genoeg kiekies op my foon. My musiek beweeg saam met my, kiekies van my kinders en kleinkinders se gesiggies is net ‘n druk van ‘n knoppie vêr. Ek kommunikeer met my dogter hulle in Nederland sonder probleme. My jongste dogter is naby aan ons en ons gesels ook elke dag, te danke aan tegnologie.

  Gebruik jou tegnologie, maar los hom as jy saam met die familie in die restaurant sit. Sit en gesels met jou vrou, jy sal agter kom sy is eintlik ‘n oulike nooi. Luister na jou kinders en leer hulle ken. Maar vang daai video waaroor julle as gesin later sal kan lag. Hou die familie balans, deel die drukkies uit en kyk mekaar in die oë. Oppas vir die skelms op die internet. Vang die mooi oomblikke vas, maar moet nie uit mis op ʼn samesyn nie.

  Gebruik jou tegnologie vir die mooi daarvan en geniet dit.

  Groete.

Share this post:

Related Posts
Klaserie Drift Amani

Klaserie Drift Amani: More Than a Safari

Lions calling at first light. Elephants crossing the dry riverbed as you swim. A leopard draped over a marula branch, in no hurry to move. This is the Klaserie Private Nature Reserve – one of the Greater Kruger’s wildest, least-discovered corners – and it’s where Klaserie Drift Amani, the newest chapter in the Klaserie Drift collection, has made its home.

Read More »

The Perseid Meteor Shower (Peak: 11th & 12th August)

Every August, the night sky puts on one of its most reliable and spectacular performances: the Perseid meteor shower. Peaking around the second week of the month, and coinciding with New Moon, observers may see dozens of meteors per hour streaking across the heavens, leaving brief trails of silver, green, or gold.

Read More »
LADY GODIVA AUGUST FORECAST

Lady Godiva’s August Forecast: Opportunity Favours the Prepared

By August, the picture becomes clearer. The uncertainty of earlier months starts to lift, replaced by opportunities that seemed distant only a short while ago. The interesting thing is that these opportunities aren’t appearing by accident – they’re showing up because of the decisions, adjustments and commitments made along the way.

Read More »

South Africa’s Rural Housing Revolution: What Does It Mean for Maruleng?

South Africa is experiencing a significant shift in its property market, one that is increasingly reshaping both rural areas and secondary towns. Two trends are driving this change: the growing movement of urban professionals investing in customary (communal) land, and the migration of middle-class families from major metropolitan areas to smaller regional centres in search of affordability, lifestyle benefits and greater flexibility.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
12:19 pm, August 11, 2026
15°C
overcast clouds
70 %
Wind Gust: 35 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 6:26 am
Sunset: 5:36 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
12:19 pm, August 11, 2026
14°C
overcast clouds
88 %
Wind Gust: 16 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 6:28 am
Sunset: 5:40 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
12:19 pm, August 11, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
12:19 pm, August 11, 2026
8°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 24 mph
Clouds: 98%
Sunrise: 6:27 am
Sunset: 5:36 pm