Kruger2canyon News

My 5 sent

horizon

MY 5 sent

Oupa Bobbili

  Wat jy nie verander nie kies jy, en jy word geken aan wie jy kies om te wees.

  Teen die tyd dat julle hierdie lees is Januarie 2025 reeds verby. Vertel my gou, hoe werk jou Nuwejaar voornemens uit sover?

  Gimnasiums is vol, nuwe tekkies op die teerpad. Sport winkels verkoop meer sport klere en toerusting as wat Pick ‘n Pay brood verkoop. Almal in rep en roer om maer te word en geld te spaar. Sommiges se voornemens is bietjie anders.

  Januarie is psigologies die langste maand in die jaar. Na Februarie vang tyd weer spoed en voor jy jou oë uitvee is dit amper weer Desember. Jy is nog net so dik soos wat Januarie lank is en jy bid vir bonus want jy het niks gespaar nie. Tekkies gaar stof op en die “gym” klere word net gedra as daar huis skoon gemaak word. Waar het alles dan skeef geloop?

  Lees weer die eerste reël en sommer weer. Jy kan nie verander as jy nie kies om die verandering te wees nie. En basta met die wêreld se opinie vir eers. Wat wil jy hê? Is jou eerste vraag, en hoekom wil jy die hê? moet jou tweede vraag wees. Daardie twee vrae sal jou motivering en dissipline wees.

  Jou driepoot vir verandering moet self motivering, dissipline en integriteit wees. Soms sal die driepoot bietjie wankel, maar dan moet jy hom weer balanseer met daardie twee vrae. En lees gou mooi, as jy dit doen om ander mense te probeer beïndruk dan doen jy dit vir die verkeerde redes. Alles moet eers by jouself begin.

  Ons verloor maklik fokus, en geduld is niemand se sterk punt meer in vandag se gejaagde lewe nie. Ons verwag kits resultate soos die sosiale media se advertensies, en dit gebeur nooit. Spaar daai rande, maar moenie skroom om ‘n rand te spandeer saam met ‘n geliefde nie. Herinneringe se waardes is baie meer werd as al die geld in die wêreld.

  Spandeer tyd met jouself, en leer jouself ken. Maak jou eie beker eers vol, voor jy ander se bekers probeer vul. Wees vol moed, sterk in jou geloof, hê waagmoed, groei, oefen, lag, wees lief, wees lig, wees geduldig en wees positief. Moet nooit ‘n dag verby wens nie, koester elke oomblik al is dit hoe moeilik. Tyd wag vir niemand nie, en die lewe skuld jou niks nie.

  Geniet die pragtige nuwe jaar en maak die beste van alles. Leer ‘n nuwe talent aan, lees meer, oefen meer, sit die selfoon neer en kuier meer. Skinder minder en bou meer mense op.

  Net jy kan die verandering maak. Groete

Share this post:

Related Posts
International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

International CyberTracker Meeting Draws Master Trackers, Board Members to Hoedspruit

At a place called Lone Tree in the central Kalahari, a band of San hunters picked a young kudu bull out of the herd and started running it down. Louis Liebenberg, then a young South African researcher with no distance-running background, wasn’t meant to be part of that – the hunters told him the heat made the chase too dangerous for someone untrained. He talked his way into staying anyway.

Read More »

Social Capital

I have watched countless breeding herds of African elephant consisting of a senior cow, elder females and younger cows, all the way down to juveniles of both sexes – the young males are banished from their natal herd around their early teens – yet I’m ever fascinated by the quality of synchronised attention this matriarchal sisterhood constantly pay to one another.

Read More »
Kruger to Canyon weather

Live Weather

loader-image
Hoedspruit, ZA
9:42 am, September 30, 2026
15°C
moderate rain
94 %
Wind Gust: 0 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:54 pm
loader-image
Tzaneen, ZA
9:42 am, September 30, 2026
15°C
clear sky
46 %
Wind Gust: 2 mph
Clouds: 0%
Sunrise: 6:24 am
Sunset: 5:43 pm
loader-image
Phalaborwa, ZA
9:42 am, September 30, 2026
15°C
overcast clouds
89 %
Wind Gust: 10 mph
Clouds: 99%
Sunrise: 5:09 am
Sunset: 6:08 pm
loader-image
Graskop, ZA
9:42 am, September 30, 2026
9°C
moderate rain
95 %
Wind Gust: 22 mph
Clouds: 100%
Sunrise: 5:37 am
Sunset: 5:55 pm